P O Box 20142
Big Bay, Western Cape 7448
ph: (+27) 021 5543579
fax: (+27) 021 5543579
alt: (+27) 0832856210 (24 hours)
cyclades
Read what our clients have to say about us
First Name : John & Anna
Surname : Kalis
Comments : Dear Francois Thanks for the well planned and organised tour, it was really magic. Rean went out of his way to make the tour the best it could be, and was very caring and helpful at all times.
First Name : Mike & Annette
Surname :
Comments : Baie dankie aan jou vir n heerlike toer, ek en Mike het dit baie geniet. Ons is baie happy, maar wil jou vra as jy weer n bootrit het en die verskillende eilande besoek, onthou asb. van ons. Asook enige ander toer. Francois ons hou van hoe jy dit doen.
E-Mail Address : Annette@Amanzingwe.co.za
First Name : Brenda
Surname : Penny
Comments : HI Francois On behalf of Peter and myself, I want to say a huge thank you for the wonderful trip we had. It was really great to see the islands and to share good food and wine (sometimes not such good wine) and ouzo with a wonderful group.
E-Mail Address : brenda@verso-fs.co.za
First Name : Ridwan
Surname : Wagiet
Comments : Excellent Company
E-Mail Address : ridwan.wagiet@capetown.gov.za
Beste Francois
Môre is ons al drie weke terug by die huis na 'n onvergeetlike vakansie.
Ons wil jou hierdeur net van harte bedank vir die ongelooflike toer. Daar gaan nie 'n dag verby dat ons nog fotos kyk en met verlange terug dink aan die tydjie nie.
Jy het per geleentheid gesê jou doelwit met die toer is om aan mense 'n oorsig en belewenis te gee van die Griekse eilande teen bekostigbare pryse. Ons glo jy het nie net in jou doel geslaag nie maar dit vêr oortref. Van ons vertrek van Kaapstad se lughawe tot met ons terugkeer was alles uitstekend georganiseerd. Dankie dat jy gedurende die toer gereeld seker gemaak het dat alles na wense is en waar daar probleme was dit onmiddelik uitsorteer het. Dankie dat jy jouself deel gemaak het van ons toer, die aandetes wat jy altyd saam was, die dag uitstappies waarop jy ons geneem het en die lekker saamkuier tot in die vroeë oggend ure.
Ons moet jou ook gelukwens met die beplanning van die toer, daar was nie een oomblik wat ons oormoeg of verveeld was nie. Elke eiland kon ons behoorlik besigtig en beleef en geen tyd is gemors nie. Selfs die hotelle, as mens in ag neem dat dit veronderstel is om 'n ekonomiese klas toer is het ons uitstekende waarde vir ons geld gekry.
Ons sal beslis jou toere aan enige iemand aanbeveel en het reeds vir familie en vriende jou kontak besonderhede gegee. Jy kan ons ook gebruik as verwysing vir enige persone wat navrae wil doen oor die toer.
Ons enigste spyt is dat die ongelooflike ervaring te vinnig verby was. Gelukkig het ons baie fotos wat die herinneringe vars kan hou.
Nogmaals baie dankie
Henk, Lorette, Chanel, Seugne en Nadia Oostenbrink
Quintus Investments cbd@intekom.co.za
First Name : Christine
Surname : Caine
Comments : Thank you again for an excellently planned trip in September. Regards Christine
E-Mail Address : christinetalktalk@talktalk.net
First Name : Denise
Surname : Spriggs
Comments : Thank you dear Francois....for our very fantastic holiday, we are still all caught up in the Greek mod
First Name : Coen & Diné
Surname : Calitz
Comments : Ons kan jou diens, reisplan, vriendelikheid, effektiwiteit en die prys van jou Griekse toer sonder voorbehoud aanbeveel. Dit was op een na ons heel aangenaamste toer. Baie dankie!!
E-Mail Address : cjc2@mweb.co.za
First Name : Willie & Melinda
Surname : Mostert
Comments : We had a GREAT time to the Greek Islands with Francois and the group. Thank you for the excellent arrangements, and personal service. It comes HIGHLY recommended!
E-Mail Address : williejm@absa.co.za
First Name : Monika
Surname : van Zyl
Comments : Goeie dag Francois, ek wil net weer dankie se vir al jou reelings. Ons het alles baie geniet, ek wil natuurlik weer gaan. Ek kan nie regtig se wat en watter deel die lekkerste was nie, alles was baie lekker. Ons het so lekker gekuier dat ons nie gewee
E-Mail Address : Monika.VanZyl@sanlam.co.za
First Name : THEODORE
Surname : CAROSINI
Comments : DIE LEKKERSTE LEKKER EN DIE MOOISTE MOOI - MOET DIT WEER DOEN
E-Mail Address : UP2DATE@KINGSLEY.CO.ZA
Hi Francois
Ons het vandag vir die eerst keer na ons fotos op die groot skerm gekyk. Wat n belewenis. Ek kan nie glo dat alles verby is nie.
Dit was ongelooflik. En onvergeetlik.
Ek sal die ondervinding vir niks wil verruil nie.
Baie dankie dat ons met jou kon saamgaan. Dit was n voorreg.
Jy was n fantastiese leier met baie geduld. Ek het jou soms jammer gekry. Vergewe ons klomp “moangatte” wat soms so onredelik was.
Onthou, jy was die beste!! Dit kom uit my hart uit.
Groetnis.
Cobus van Zyl
Ps. Ek sal dit weer doen!!!!!
Cobus Van Zyl <PetrusJacobus.VanZyl@capetown.gov.za>
Ons wil net sê baie dankie vir `n heerlike toer in Griekeland. Ons het dit werklik baie geniet en as dit vir ons moontlik is sal ons dit weer doen. Dit was ook `n voorreg om julle te ontmoet en die tyd saam met julle deur te bring. Hoop ons sal mekaar weer in die toekoms sien – sou julle in die geweste kom moet julle ons skakel – hier is genoeg slaapplek.
Wat die toer aanbetref – dankie dit was skitterend gereël - regtig beter as toere waarop ons reeds was.
Die volgende het ons waardeer:-
- Goed gereëlde toer;
- Toe daar `n krisis met die vervoer na Paros was, het Francois vinnig reageer en sonder om paniek te veroorsaak alternatiewe reëlings getref;
- Die blyplekke oral was baie lekker met uitstekende liggings;
- Daar was nie verrassings t.ov. addisionele uitgawes waarvan jy nie geweet het nie;
- Francois se kennis van die plekke wat ons besoek het is uitstekend en die raad wat hy ons gegee het t.o.v waar, wat en hoe was baie kosbaar;
- Die feit dat almal nie altyd verplig was om uitstappies mee te maak nie en nie soos op ander toere wat ons was, feitlik daarop aangedring het dat almal uitstappies meemaak en dan ongeskik is wanneer mens dit nie doen nie, het mens met die toer die vryheid gehad om self goed te doen en te ontdek – dankie Francois, in die opsig was jy `n uitstekende toerleier;
- Jou passie vir dit wat jy doen maak `n toer soos die `n ervaring wat mens altyd positief sal bybly.
- Julle integriteit, eerlikheid, vriendelikheid en beskeie wyse waarop julle mense hanteer was vanaf dag een opvallend – dankie daarvoor;
- ONS SAL `N TOER SAAM MET JULLE VIR ENIGE PERSOON TEN STREKSTE AANBEVEEL;
Baie sterkte en voorspoed vir julle en ons gebede is dat daar vir julle nog hele paar goeie toere gaan wees voordat julle besluit om af te tree.
Groete,
Chris en Sarie Geldenhuiys
Chris Geldenhuys <drivetech@xsinet.co.za>
Beste Francois
Met wonderlike herhinneringe het ons alweer vasgevang geraak in die daaglikse gejaag en het ek nagelaat om aan jou terugvoering te gee en dankie te sê.
Ons toer was werklik ‘n belewenis danksy jou kennis van Griekeland en die besprekings wat 100% uitgewerk het. Jou notas was vir ons ‘n handleiding en ons was nie eenkeer teleurgesteld met jou aanbevelings nie. Baie dankie. Ons beveel jou onvoorwaardelik aan by elke mens wat dit oorweeg om Griekeland toe te gaan of sommer net luister na ons ervarings.
Vriendelike groete
Wim de Wet
Oordbestuurder
ATKV Klein-Kariba
Tel. +27 (0)14-736 5361
Faks. +27 (0)14-736 3457
Copyright 2009 Cyclades Tours. All rights reserved.
P O Box 20142
Big Bay, Western Cape 7448
ph: (+27) 021 5543579
fax: (+27) 021 5543579
alt: (+27) 0832856210 (24 hours)
cyclades